Koekais Guest Farm / Gasteplaas

Griekwastad, Northern Cape

 

Guestbook

25 entries on 5 pages
Robert J
18/05/17 12:12:54
Netheid en smaakvolle afwerking is van hoogstaande gehalte.
Hierdie "oase" is werklik een om te ervaar. Die vriendelikheid van die gasvrou en die algehele beeld is iets om op trots te wees.
Leon S
04/05/17 13:51:50
Sal Koekais vir enigeen aanbeveel wat verblyf in die area benodig. Top-gehalteverblyf en sal moeilik wees om iewers beter waarde vir geld te kry. Sou 6 sterre gegee het indien dit 'n opsie was.
Manda B
03/05/17 15:40:44
Absoluut fantasties, alles is so perfek. Wens ons kon langer bly, gaan verseker weer besoek aflê.
Daan V
28/03/17 14:59:34
Indrukwekkend - die omgewing, die fasiliteit en die mense verseker dat ons weer van Koekais sal gebruik maak. Ons het baie lekker gebly en gekuier - kan hierdie ervaring beslis aanbeveel.
Jarries V
24/03/17 16:11:07
Besonderse Kalahari verblyf op pad na Keimoes.
Baie luukse verblyf waar ons ten volle kon herstel na 'n lang dag op die pad. Ons gasvrou was baie vriendelik en hulpvaardig en ons sal verseker weer daar oorbly as ons die Noord-Kaap in die toekoms sou besoek.
Show: 5  10   20