Koekais
Guest Farm / Gasteplaas
Griekwastad - Northern Cape

Excerpts from our guest book - Uittreksels uit ons gasteboek

 

April 2021

Die ding is ...

Die plek voel nie net soos ‘n huis nie maar dit voel soos ‘n tuiste wat min mense kan ervaar.

Die omgewing, natuur, die liefde, die vrede en omgee as gevolg van julle.

Ons as die Koekemoer familie wil ons net dankie sê vir julle. Die is ‘n ervaring duisend.

 

4 April 2021

Ons het die verblyf vreeslik baie geniet. Julle plek is pragtig en ek kon nie ophou om aan mense te dink wat ek na hierdie ongelooflike lekker plekkie toe wil verwys nie. Almal het nou en dan ‘n wegkom kansie nodig. Hier word jy weer jouself.

 

3 April 2021

Thank you very much, it was a very nice cosy stay. The jungle gym for the kids, the fire place. A perfect place for our family.

The meat (braai pack) the salads and the bread were excellent. I am sure the breakfast will be as well.


23 Maart 2021

Sonja en familie weereens dankie vir ‘n ongelooflike lekker kuier. Die kos was uit die boeke en julle verdien 5 sterre vir hierdie klein juweel vir skoonheid en toegerus vir elke behoefte.


19 March 2021

What a hidden gem. ... perfect for the stopover between KZN & Kgalagadi. Many thanks.


18 Maart 2021

Koekais –     Hier vind die “ek” die “my”

                       Die sterre herinner jou aan Dié Skepper

                       Die wolke verseker jou van God se liefde

                       Die mense van Koekais wys jou wat is omgee

                       Die diere leer ons van ons afhanklikheid van God se voorsiening

Die netheid van die gastehuis laat my wonder of ek rein voor my Verlosser staan.

Dankie vir jul liefde. Abba Vader sal jul beskerm.


8 Maart 2021

Pragtige plekkie. Heerlik gekuier! Baie dankie!!

 

7 Maart 2021

Rustig en vreedsaam, regte sielerus. Baie dankie vir die klein oase. Heerlik ontspan en baie lekker geslaap. Die huise is so mooi en wonderlik toegerus. Beslis ‘n weer besoek en sal julle aanbeveel. Dankie vir die heerlike kos en Kian loooove julle klimraam.

 

21 Februarie 2021

Baie dankie aan spesiale mense wat alles opreg en uit die hart doen. Julle is regtig baie besonders. Dit word opreg waardeer. Hartsmense.


18 Februarie 2021

Heerlik hier ontspan. Uiters netjies en skoon en baie vriendelike mense. Tot laat gekuier buite en heerlik geslaap. Sal die plek weer besoek en aanbeveel.

 

16 Februarie 2021

Dit was vir ons ‘n verkwikkende ervaring om in jul smaakvolle toegeruste gastehuis, wat so ideaal met die omgewing integreer, tuis te gaan. Julle benadering is ‘n waarvorg vir sukses! Alle sterkte met jul onderneming.

 

15 Februarie 2021

Baie dankie vir ons heerlike verblyf so op die plaas. Julle gasteplaas is puik sal definitief weer kom kuier!!

 

14 Februarie 2021

Baie dankie vir die vriendelike verwelkoming die heerlike ete en baie mooi plek! Die geriewe & afronding van die beddens & netheid was wonderlik.

 

13 Februarie 2021

Baie dankie dat ons hier kon oornag. Net die plek om mens se batterye te herlaai. Wat ‘n voorreg, so buite in die natuur te ontspan.

 

11 Februarie 2021

Baie dankie vir die heerlike verblyf. Julle plekkie het uitsonderlike en uitstekende geriewe en daarby ook nog die rustige plaasatmosfeer.

 

7 Februarie 2021

Baie lekker rustig. Heerlik gekuier en sal graag weer kom. Baie dankie vir jul vriendelikheid.

 

20 January 2021

This is a fantastic place! An extremely well equipped kitchen and very nice and beautiful touches to the interior! Baie dankie vir ‘n baie netjiese en pragtige plek.

 

12 Januarie 2021

Koekais is die beste ontdekking nog alles is silwerskoon en van die beste! Mense met die mooiste Y Dankie dat julle julle stukkie hemel met ons deel dit was WOW! Sien definitief weer en vir langer!

 

9 Januarie 2021

Ons het lekker gebraai in die Lapa, gelê en sterre kyk en net die stilte geniet. Pragtige akkommodasie waarop julle trots kan wees.

Baie dankie!

 

1 Januarie 2021

Baie rustig hier, dankie. Baie mooi plek. 10/10

 

 

2020                                                    

28 Desember 2020

Beste plek om na te kom vir ‘n vinnige wegbreek. Hier word die stilte nog waardeer. Dankie Sonja dat jy daar is/was as ons iets nodig gehad het. Verseker 5 ster.


24 Desember 2020

Hierdie was die perfekte afsluiting van ons vakansie! Baie dankie dat julle vir ons kos gemaak het! Dit was heerlik! Ons het lekker gerus en sien weer kans vir die lang, laaste stuk pad huis toe! Mag die jaar wat voorlê ‘n geseënde jaar wees vir julle.

 

20 December 2020

Thank you so much for making a plan to accommodate us on Sunday evening. (Apologies or making you work on a Sunday) The cottage is wonderful, comfortable, and very well equipped.

We had a very peaceful time on your farm. Wishing you all the best with your farming.

 

19 Desember 2020 “Swop & Stay”

Pragtige plek! Baie dankie! Dit was ‘n wonderlike ervaring! 5 ster

 

17 Desember 2020

Rus en vrede! Heerlik! Dankie!

 

16 Desember 2020

Ons wou net baie dankie sê vir die amazing gasvryheid en moeite! Julle gastehuis is beeldskoon en alles was perfek. Dankie baie vir die wonderlike kos ons het dit regtig baie geniet! Ons al beslis weer kom kuier!

 

12 Desember 2020

A+ Dankie dit was onverwagte Boere liefde! Julle sal ons weer sien! Trots Afrikaanse gasvryheid!

 

24 November 2020

Thank you for the most magical stay! The small touched like the olive branches were lovely. We will visit again. Thanks!

 

21 November 2020

Although we were only here for one evening, we left refreshed and restored. The hospitality is amazing and very much appreciated. This cottage makes one happy! Thank you!

 

10 November 2020

Herman & Rentia was hier 

 

8 November 2020

Wat ‘n wonderlike plek om te oornag. Nie net het ons lywe gerus nie, maar ook ons siele – die afgeleë stilte en ongerepte natuur is iets wat dorpsmense lawe.

Baie baie dankie ons sal definitief weer kom.

 

7 November 2020

What a gem. Of a place!! This guest cottage has it all. And the cherry on top was seeing all the species birds – we had to drag ourselves away to get to Trans-Kagalagadi – but would happily have spent a couple môre days here. Thank you thank you thank you!!

 

28 October 2020

Thanks great place will be coming often as we work here.

 

20 October 2020

Great stop over between KZN and Kgalagadi. Thank you Sonja for your hospitality. Really good place to chill after hours of travelling. 

 

19 Oktober 2020

Baie dankie vir ‘n heerlike rustyd hier. Ons het die sonsondergang en opkoms, die voëls, die stilte so geniet. Die eenheid is so goed en keurig ingerig. Alles is skoon, stylvol en pragtig Seën vorentoe. Dankie ook vir die braaigeriewe.

 

15 Oktober 2020

Fantastiese plek om te oornag! Fantastiese mense! Alles is net reg! Awesome! Baie dankie vir alles! XO


3 October 2020

Our second stay at Koekais on our way to the Kgalagadi. Perfect peaceful spot after 7 hours of driving. Fully equipped with everything we need. We had a lekker braai under the stars this evening!


2 Oktober 2020

Wat ‘n plesier om by julle te kon kuier. Pragtige omgewing en blyplek en wonderlike gasvryheid.


22 – 27 September 2020

Beste Sonja en gesin

Ons het toe wéér gekom en sal hopelik nog weer! Dankie vir die dae van rus, stap en leeglê. Die sonsondergange is nou ‘n ritueel. Koekais is wonderlik toegerus met alles wat ons benodig. Dis net vir ons wonderlik om hier te wees.


20 September 2020

Pragtige plek. Wonderlike verblyf. Uitstekend toegerus. Mal oor dekor. Dankie vir verblyf soos dié


15 September 2020

A little paradise in the Kalahari. Well designed and quipped. Thank you very much


23 Augustus 2020

Baie dankie vir ‘n fantastiese kuier. Ons het die stilte en sterre vreeslik geniet, om nie te praat van die heerlike kos nie. Julle aandag aan detail het ons opgeval en beïndruk. Ons sal Koekais sonder twyfel aanbeveel.


29 Februarie – 3 Maart 2020

Baie baie dankie vir die lekker bly! Ons het ordentlik hier in die bos ontspan. Pragtige plek, gemaklike beddens, fyn detail, ons het alles so baie geniet. Sal julle beslis aanbeveel en weer kom kuier.


18 February 2020

Great to be able to stop off. At your lovely guest lodge en route from the Park to Ladysmith – thank you for a lovely supper too!


13 Januarie 2020

Baie dankie vir ‘n onvergeetlike ervaring. Julle gasvryheid is onverbeterlik, die luukses in die huis en die rustigheid van die natuur is sielsverrykend. Ons kom beslis weer kuier en beveel julle gasteplaas sterk aan.


1 Januarie 2020

Beste verblyf van al ons travels vanaf die Karoo, Suid-Kaap, Weskus tot Kalahari! Julle verdien 5 sterre! Heerlik uitgerus na die lang pad.

 

2019

31 Desember 2019

Wow, hierdie is ‘n manjifiek plek en heerlik om in te bly! Dankie dat ons hierdie stukkie van julle wêreld kon deel.


29 Desember 2019

Beste toegeruste verblyf nog. 100% kom weer.

 

27 – 28 Desember 2019

Fantastiese huis en geriewe!

Dankie vir die detail! Sien uit na die volgende besoek!

 

Desember 2019

Baie dankie Sonja & dogters vir ‘n wonderlike blyplek waar ons kon rus en een word met die natuur! Dit voel soos huis! Dankie vir die gasvryheid en die lekker kuiers by julle! Hoop om weer te kom – dit was so spesiaal

 

23 Desember 2019

Koekais Gastehuis is ‘n 10 ster gastehuis nie ‘n 4 of 5 ster gastehuis nie. Die geriewe is bo-gemiddeld skoon en netjies en smaakvol. Verblyf was te kort, ‘n week sou baie meer genotvol gewees het. Die plaas / bosveld atmosfeer was werklik ‘n plus punt. Baie dankie.

 

22 Desember 2019

Dankie vir die warm verwelkoming en die gesellige huis! Ons is aangenaam verras. Ons sal definitief weer hier kom oornag.

 

16 Desember 2019

Baie dankie vir ‘n besonderse mooi plek. Hier rus jou siel. Hoogs aan te beveel.

 

15 Desember 2019

Ons het pragtige middag/aand gehad hier by julle. Pragtige plek! Sal definitief weer hier oorbly!

 

1 December 2019

We had a wonderful stay, breakfast was amazing different everyday. Saw monkeys & Bokkies awesome stuff! Loved the peace & cleanliness.

 

19 November 2019

Another great stay over on our way to Kgalagadi. Peaceful place to pack off. Well equipped guest house, very comfortable. Home from home. Saw Elephant Shrew – 1 st time!!! Thank you.

 

19 September 2019

My husband wanted to show me a real South African culture, and he succeeded in any means! We enjoyed every minute here – the house, the sunrise at the porch, the stars at night, the walk through the Kalahari bushfield.

 

13 – 15 September 2019

Lovely and quiet place, well maintained! All Blessings!

 

28 August 2019

Once again, a really lovely stay. Thank you so much. Outstanding quality all round.

 

Brilliant guesthouse, really had a nice stay. Will be back soon.

 

7 – 8 Augustus 2019

As ek ‘n Engelse woord mag gebruik: WOW! Die plek is pragtig!!!! Sal graag weer wil kom as dit gereën het. Ek het nou almal se stukkies gelees en kan net “Ditto” sê. Sterkte met die boerdery en mag dit dié somer mildelik reën.

Seënwense

 

3 – 4 Augustus 2019

Sjoe, jul plek is so mooi. Ons het vreeslik lekker gekuier. Ons hoop en bid dat dit gou gaan reën.

 

17 – 23 Junie 2019

Liefste Koekais familie

Baie dankie vir ‘n rustige, bederf vakansie hier by julle.

Dankie vir al die liefde, omgee en moeite wat ons onmiddellik laat tuis voel het.

Mag jul as familie God se goedheid en liefde ervaar in alles wat julle aanpak.

Wals wat ons hier ervaar het, was vyf-ster, netjies en skoon gastehuis met als wat jy nodig het. Natuurlik ook die hemelse melktert ...

 

Dankie dat Jana so baie keer na die beeste kon gaan kyk – Nadia jy is ‘n gunsteling vir haar ook.

 

14 – 16 June

Fantastic stay, tranquil surroundings. Isolation ... just what was needed to reset our buttons J did not even switch the TV on once Y

 

1 Junie 2019

‘n Ware juweel in die bos! Baie dankie vir die brood en jam. Dit was baie bedagsaam. Ons sal weer kom as ons reise ons in hierdie omgewing bring.

 

27 Mei 2019

Liewe Sonja & Familie

Baie dankie vir ‘n heerlike ervaring. Die vrede en vreugde dans rond op jul mure. Mag jul gasvryheid honderdvoudig beloon word. Vredegroete

 

1 Mei 2019

Wow, wat ‘n wonderlike plek is dit nie. Soveel meer as waarvoor ons gehoop het. Sal dit vir enige iemand aanbeveel. Nie die laaste keer wat julle ons hier sien nie!! Baie sterkte vorentoe!!

 

19 April 2019

Baie lekker geslaap. Baie mooi netjiese plek.

 

12 April 2019

Baie dankie vir die pragtige plek, gasvryheid & heerlike kos. Julle is sterre. Mag die Here julle seën & bewaar

 

April 2019

Wat ‘n besondere plek en ervaring! Ons waardeer alles – die natuurskoon, die pragtige plek, die heerlike ete en julle gasvryheid! Ons hoop daar is baie mense wat hierdie ervaring kan beleef. Mag julle gastehuis floreer! Ons vertrou die reën kom ook gou.

 

7 April 2019

Baie rustige plek, ongelooflik lekker! Sal beslis weer hier kom bly.

 

9 March 2019

We had a lovely experience. Very Peaceful! Everything we needed was available. Excellent reception. Will definitely be returning soon J

 

Maart 2019

Waar begin mens...? Pragtige plek, altyd skoon en netjies. Vriendelike gasvryheid, sal oor en oor terugkom en verseker vir enige iemand aanbeveel.

Baie dankie, Puik.

 

4 Maart 2019

Dit is ‘n plesier om altyd tyd op die plaas te spandeer. Ek geniet my tyd en rustige atmosfeer. Die kos is baie lekker en die diens is tops.

Sal die plek voorstel aan almal.

 

3 Maart 2019

Baie lekker, mooi en skoon. Sal graag weer wil kom bly.

Baie dankie

 

28 Januarie 2019

Wat een pragtige plaats is dit!! J

Wij hebben baaie gehou van het mooi versorgde huis, die pragtige stoep, die natuur en die fantastische sonsondergang.

Wij hopen dat wij terug kom.

Veel lieve groeten

 

6 Januarie 2019

Baaie Dankie vir die voorreg om hier te kon oornag. Op pad terug van ‘n lekker vakansie het Koekais ‘n verdere juweel van herinneringe gevorm.

Dankie vir die inligting boekie. Dit het ons kinders laat oplet watter mooi stukkie Natuur ons in is.

Gods rykste seën vir 2019

Dankie vir die oulike detail! Ons het gevoel dat alles net vir ons reggemaak was. Blommetjies op skoon beddens en lekker ruik seep en beskuit!

 

7 January 2019

Thank you for your warm welcome. My husband and I had a lovely stay. Highlights included the Delicious dinner, to be surrounded by such wonderful animals and birds was also great.

 

4 January 2019

· Dinner was FANTASTIC! Thank you!

· The little yellow mongoose that spends time on the verandah has become family J

· Our night walk – found 2 x scrubhare, 2 x steenbok, yellow mongoose J, kudu and heaps of eyes in the bush!!

Definitely need more than one night here!

 

 

2018                                                    

16 Desember 2018

Kalahari skoonheid – Koekais is ‘n voorreg wat mens hopelik een keer in jou lewe beleef! Ek was baie bevoorreg om saam met Vroutjie vandag ‘n paar dinge te beleef – 4vm op vir ‘n pragtige sonsopkoms - 40°C na Witsand (kon eier kook in die duine) – donderstorm – reënboë – die ongelooflikste sonsondergang.

Binne 2 dae kon ek al die pyne van ‘n taai 2018 vergeet.

Dankie Sonja & familie dat ek en Vroutjie julle baie besonderse gasvryheid kon beleef.

Voorspoed vir 2019!

 

14 Desember 2018

Toe ons hier aangekom het, het ons elkeen baie tuis gevoel.

Ons het dit baie netjies en goed versorg ervaar. Ons hond, Toto, het ook lekker baljaar!

Dankie vir die heerlike verblyf!

 

What a great spot! Would love to have explored more. Thank you so much for accommodating us.

 

11 December 2018

A very enjoyable stay. Sorry we couldn’t stay longer. Thank you for the rusks – delicious.

 

16 November 2018

Weereens ‘n stukkie Hemel ervaar. Baie dankie vir alles Sonja!! Ons naweek was, weereens ‘n besonderse een!!

Dankie dat dit so mooi skoon en netjies is.

En die lekkerste beskuit saam koffie!

Sal definitief weer kom kuier!

 

18 Oktober 2018

Dankie vir gasvryheid en goeie nagrus

 

12 Oktober 2018

‘n Ware oase! Baie dankie!

 

30 September 2018

Ons wil graag vir Sonja en gesin sê baie dankie. Dit was uit die boeke. Dankie vir die gasvryheid en die plaashuisie was iets besonders in die natuur.

Ek sal dit vir enige persoon aanbeveel, dit was regtig 5 ster en ook baie netjies. Ons sal verseker weer terugkom.

Dit was lekker in die natuur met alles wat jy graag wil hê.

Baie dankie

 

19 September 2018

A little piece of Heaven on earth!! Soooo peaceful ... so beautiful! Thank you! Next time we would love to spend more time here in this lovely place!

God’s richest Blessing on you and your loved ones!

Best. Overnight stop we’ve ever had!!!

 

13 September 2018

Die plaashuisie is besonders en ons het die gerieflikheid daarvan terdeë geniet. Dankie vir die gasvryheid wat ons mee ontvang is. Ons sal beslis aandoen as ons weer in die omgewing is!

Baie dankie! 100%

 

29 August 2018

We thoroughly enjoyed our stay and your very comfortable lodge. The silence and open spaces relaxed our bodies and minds. The dogs loved being able to explore the surroundings and the girls loved the playground. Thank you for your hospitality – a wonderful experience.

 

17 Augustus 2018

Baie dankie vir die 2 nagte, ons het vreeslik lekker gerus en die rustigheid baie, baie geniet.

Julle sien ons beslis weer dan sal ons die besoekpunte besoek.

Sien julle gou weer

 

9 Augustus 2018

Liewe Sonja

Baie dankie vir julle gasvryheid. Koekais is ‘n heerlike plek om te rus. Ons het groot vure gemaak, sterre gekyk en net ontspan.

Mag julle baie geseënd wees.

 

Tannie Sonja, pragtige plek. Dankie vir vriendelike hospitaliteit. Werk oorslaap maar sal verseker weer sien op persoonlike uitstappies 110%

 

5 Augustus 2018

Weereens baie dankie vir ‘n wonderlike bly. Die plaashuis is iets besonders en het die eienskap om kalmte op ‘n persoon af te dwing.

Ons weet verseker waarheen om te kom wanneer die geraas en haastigheid van die lewe te veel om ons raak. Die stilswye van Koekais is aansteeklik.

Sien gou weer. Mooi bly!

 

1 Augustus 2018

Hier hoor jy voëltjies sing, sien jy die wonder van die natuur, ervaar jy die teenwoordigheid van Abba Vader.

As bonus bly jy in ‘n silwerskoon huisie en ontvang jy gasvryheid en liefde.

Baie dankie, baie dankie!

 

13 Julie 2018

Heerlik gebly. Baie dankie!

Mooi herinneringe gemaak.

 

5 Julie 2018

Sjoe,! Hierdie is regtig ‘n oase in Kalahari. Ons het so lekker gekuier en lekker geslaap. Sal verseker weer hier draai.

Dankie vir julle gasvryheid en vriendelikheid 10/10 vir Koekais

Was ongelooflik!

 

1 Julie 2018

BAIE, BAIE DANKIE!

 

29 Junie 2018

Deon, Sonja & die Team

Sjoe, waar begin mens?

Baie dankie vir al julle moeite met die kamers het hul vars blommetjies, die kraakvars spierwit beddegoed, die huisie voel soos ‘n stukkie hemel op aarde.

Dankie vir jul gasvryheid en al die omgee. Dankie vir die vinnige inloer om te kyk of alles nog reg is.

Julle kan maar elke jaar vir ons ‘n plekkie oop hou.

Ons het almal besluit dat ons elke jaar hier sal kom bly met ons jag trippies.

Mag die Here julle ryklik seën en mag ons nog vir jare hier kom oorbly.

Pas julle self op. Julle is Amazing.

Baie dankie

 

9 Junie 2018

Ons is bly ons het Koekais ontdek (en die twee dwerg muishonde op die klippe links voor die huis).

Hopelik sal daar ‘n volgende keer wees dan bly ons langer!

Dit is luukse en gerieflike verblyf.

Baie dankie! Ook vir die Wi-Fi!

 

1 June 2018

This place is sublime! I can’t wait to return. Tx!

 

29/5/2018

A glorious place – thank you!

We will be back.

D. 

 

27/05/2018

A lovely place to stay. Very relaxing.

 

06/05/2018

A wonderful and amazing guesthouse. Very clean and neat. Delicious food and friendly people. An amazing place to rest and recover after a long journey from Namibia!!!

Thank you for a wonderful experience in SA on a trip to the Drakensberge.

 

To: Koekais

It is an amazing place to stay for holiday and rest. It is clean, spotless. You make this guest farm feel like our home. Thank you for everything.

27 April 2018

 

12 April 2018

Uitstekende huisvesting. Netjies en gerieflik. U gasvryheid en hulp word so waardeer. Mag ons Vader u seën.

Baie dankie.

 

4 – 7 April 2018

Thank you Sonja, Nadia & Tanya for a very special visit! It was lovely getting out onto the farm with you. Thank you for the delicious food too! We will definitely be back!

* The accommodation was luxurious!!

 

28 Maart 2018

Ons het heerlik gekuier en geslaap. Hier was alles wat mens wil hê. Dis baie mooi skoon en netjies en goeie meubels.

Alle voorspoed!


12 Maart 2018

Op ons reis van twee weke plus het ons verblyf gewissel van goed, beter, beste tussen Gariep, Knysna, Oudtshoorn, Kleinmond, Langebaan, Kamieskroon, Augrabies en hier.

Hier was beslis dié, dié beste van ons verblyf.

Sal dit graag weer wil doen met ‘n langer verblyf hier. Een nag nie genoeg!! Moet bieg, ek het paar van julle brandhout stompe gepak om iets kreatief daarmee te maak J

PS. Ek kan doen sonder die TV

 

11 Maart 2018

Baie dankie vir die lekker oorlê. Perfekte rus na heeldag se ry. Onder die skadu van die bome kan vele moeë reisiger  rus vind vir ‘n moeë lyf en mag vele op hulle ontdekkingsreis julle bome kom opsoek.

 

9th March 2018

We are delighted to have found this “little pièce of heaven”

Beautifully decorated with lovely finishes. All the extras make it so homely.

We wouldn’t hesitate to recommend it to people / friends coming this way!! Hope we visit again soon.

Thank you!


12, 13 & 14 Februarie 2018

Nog steeds een van my gunsteling plekke!! Sal graag my gesin wil saambring volgende keer!

 

23 Januarie 2018

Deon, Sonja en Kinders

Baie baie dankie vir ‘n wonderlike tyd wat ons gehad het. Ons het al in baie plekke gebly, maar julle is “TOPS”.

Alles wat mens nodig het, is hier en die stilte is ‘n salwing vir ‘n moeë siel en liggaam.

Dankie vir die heerlike kos wat voorgesit was en ook vir die wasgoed.

Ons sal definitief weer hier kom bly!!

 

2017

30/12/17 – 1/1/2018

Baie Dankie die verblyf was heerlik! Sal definitief weer kom!

 

26 en 27 Desember 2017

Koekais Gastehuis bied presies aan wat hulle adverteer. ‘n Pragtige gaste-kothuis waar mens net kan rus en ontspan. Hierdie is een van die beste toegeruste selfsorg eenhede wat ons nog in gebly het! Dis ook baie mooi skoon, netjies en alles is in plek. Mens sal hier kan bly vir ‘n maand. Die privaatheid van die gastehuis asook die baie goeie toegeruste kombuis maak dit volgens ons ‘n plek om DEFINITIEF weer te besoek.

ALLES VAN DIE BESTE VIR 2018 VIR JULLE!

 

22 Desember 2017

Ons het lekker geslaap. Dit het heerlik gereën. Die woef het by ons geslaap te oulik!

Dankie Baie!

 

21 Desember 2017

Baie Baie lekker!

Megan: Ek is baie bang vir goggas enige goggas so ek het heeltyd na die dak gekyk maar wel niks gesien nie. Baie mooi skoon en netjies! Die woefie kom kuier en is baie vriendelik!

 

15 December 2017

Lovely spot and a wonderful end to a very busy and long day.

Thank you for accommodating us on such short notice.

We will try to come again when we travel this side in the future.

Thank you!

 

2 – 3 Desember 2017

Fantastiese plekkie – ‘n Mens se siel rus en laat ‘n mens net besef hoe wonderlik ons Skepper is om so na aan die natuur te wees! Verblyf uit die boeke sal beslis weer kom! Dankie

 

22 – 25 November 2017

Lieflike plekkie – ons het so lekker gebly. Fantastiese geriewe en luukshede, julle het regtig aan elke liewe detail gedink. Dankie!! Ons sal regtig die plekkie aan ander aanbeveel!

 

17 & 18 November 2017

WOW!!! Julle het ‘n “stukkie” HEMEL hier. Die Rustigheid presies wat ons nodig gehad het. Dankie vir ons pragtige rosies in ons kamer ons spesiaal laat voel.

Dankie vir julle vriendelikheid en gasvryheid. Alles was perfek!! Julle sal ons definitief weer sien.

 

3 November 2017

Stilte, volmaakte skepping, 10-ster blyplek... rus, vrede, kopskoonmaak = Alles uit die hand van die Here.

Beleef Ps. 16.

Dankie Deon, Sonja, Abri, Nadia, Tanya & Masha. Julle is dierbaar, diensbaar & kosbaar. Mag hierdie ‘n oase wees vir ‘n ieder en ‘n elk.

 

24 October 2017

Could settle in for a week - one night is not enough! Love the comfort of this well equipped cottage and the wonderful attention to detail. It’s all in the personal touch.

The hospitality, the food, the comfort of the bed and luxury of the linen are all just amazing, as is the utter peace & tranquility of this lovely location and its rich bird life. We will most certainly be back! Thank you Sonja! 

 

16 October 2017

KwaZulu-Natal. What a lovely cottage. Very happy to arrive after a long drive from KwaZulu-Natal. Immaculate accommodation - everything well thought out. Ordered the braai pack & salad - very good. Am happy we booked again for our return trip. Will definitely recommend this farm stay to all. Thank you.

 

8 October 2017

Johannesburg. Plenty of interesting rocks; we even saw a hedge hog! Boerekos lasted us 3 meals.

 

29 September 2017

Namibië. Regtig 'n heerlike privaat plek en net die beste - ons het heerlik gerus na 12 ure se ry - sal weer kom oorbly!

 

16 September 2017

Warner Beach, Durban. Pragtige plek, sal definitief terug wees. Sal julle plekkie ook adverteer op die Land Cruiser forum. Weereens baie dankie.

 

15 September 2017

Kimberley. Wow!! Ek het só lekker gebly! Dankie! Julle plekkie is beautiful! Ek het heelweek kom werk, maar dit het gevoel of ek op vakansie was. Die voëllewe hier om die huisie is amazing ... Ek kon in die laatmiddag sit en myself verwonder ...

My 2 Scotties het dit net so baie geniet om hier te bly.

 

2 - 4 September 2017

Pietermaritzburg, Natal. Great to see Karoo birds again however, it would be great if there was a waterhole below patio for them. Accommodation first class. Masha came with us to explore the farm & spring. We had most relaxing stay. Thank you.

 

31 August 2017

KwaZulu-Natal. We too commend you on a tastefully decorated, comfortable guest house. The little touchés are great. We will certainly be back & will recommend your guest house to all our friends.

 

27 August 2017

After a long journey from Namaqualand, this was pure bliss!

We would love to return and enjoy the peace and solitude. Very comfortable and attention paid to detail. I will recommend to others!

 

18 August 2017

Thank you so much for a cozy, comfortable evening. Your facilities are brilliant - you’ve thought of everything. Would definitely visit again if we come this way. Best wishes

 

14 - 17 Augustus 2017

Beste Deon en Sonja

Dankie dat julle hierdie stukkie paradys met ons deel. Luukse gerief in die veld! Rustigheid en privaatheid met die vryheid om die plaas te “deurtrap”. Vir ons natuur liefhebbers 'n droom.

Ons kom beslis weer!

 

10 - 13 Augustus 2017

Baie dankie vir heerlike rustige ontspannende kuier. Die stilte maak dat mens net nader na ons Skepper beweeg! Baie dankie.

 

20 Julie 2017

Baie dankie vir die besonderse gasvryheid, pragtige gastehuis en uitstekende geriewe. Die kinders het die pretpark vreeslik geniet. Ons kom definitief gou weer. Die stilte en natuur is 'n geskenk van bo!

 

19 Junie 2017

Soos altyd baie lekker en presies wat ek nodig gehad het!

 

18 Mei 2017

'n Fantastiese blyplekkie. Akkommodasie, geriewe en braaipakke was 5 ster. Wel, gedaan - voorwaar lekker gewees.

 

12 Mei 2017

Ons is stomverbaas oor die wonderlike geriewe. Smaaklik, gasvry en asemrowend natuurlik. Baie dankie.

 

7 Mei 2017

Baie dankie vir 'n lekker bly, ons het dit baie geniet veral die wonderlike stilte!!! Ons sou verseker weer kom! En gou weer.

 

27 April - 1 Mei 2017

Baie dankie vir 'n fantastiese naweek. Onvergeetlike herinnering

 

Thank you for the wonderful hospitality.

Your cottage is beautiful & very well appointed!! Will be back!!

 

STUNNING!!

Thank you for the beautiful accommodation!

 

24 - 26 Maart 2017

Dit was presies wat ons wou hê! Gerief, stilte, die natuur, ruimte om te stap, mooi veld, voëls, bokkies ...

Die Here het dit mooigemaak en julle bewaar en bied dit mooi aan. Dankie Deon en Sonja.

 

14 - 21 Maart 2017

Baie dankie vir 'n besonderse fasiliteit, hope gasvryheid en lekker kuier.

Seën vorentoe

 

26 Februarie 2017

Baie dankie julle vir die vriendelikheid waarmee ons ontvang is. Ons het baie lekker in julle wonderlike eenheid gekuier en die natuur ten volle geniet. Julle het 'n wenresep met wat julle die toeris aanbied. Ons hoop om weer hier verby te kom en sal beslis weer oorstop - net baie langer!

 

18 Februarie 2017

George. In die Karoo, Kalahari se rooiduine en die Kgalagadi en langs die Oranjerivier tyd verwyl, maar nêrens spreek die natuur soos hier tot ons nie. Om op die stoep te sit en die wind deur die bome te hoor en na die voëls te luister is heerlik. Geen wonder ons het weer kom kuier nie.

 

1 - 4 Februarie 2017

Baie dankie Deon en Sonja vir julle gasvryheid en lieflike gashuis. Ons het baie lekker gekuier en gerus op julle stukkie paradys. Sal baie graag my familie terugbring om dit ook te geniet.

Baie dankie.

 

27 December - 4 January 2017

Ballito, KZN. This is a lovely home with everything we needed!

Sonja, Deon & Family were great hosts and Masha took us for walks on the farm. Johanna assisted in cleaning the home & her help was exceptionally good.

We thoroughly enjoyed our stay at Koekais!

Other comforts not expected included milk delivered daily, linen & clean towels daily & an abundance of firewood. I suggested a drinking hole close to the home to attract birds & buck. This self catering cottage is highly recommended.

 

2016

23 - 24 Desember 2016

Baie Baie dankie vir die heerlike bly op jul plaas. Die stilte en bos om mens is wonderlik en laat mens lekker rus. 1 aand is beslis te min om te bly en sal beslis langer bespreek volgende keer.

Kaapse groete

 

20 - 22 Desember 2016

------- Koekais herdefinieer gasvryheid! -------

 

Nelspruit, Mpumalanga. Hier word jy as gas waarlik 'n vryheidsrus gegun. Jy ontdek dat dit nie net die vlees is wat in 'n oase gelawe word nie, maar dat jou siel ook kans kry om sy dors te les.......

Verder ontdek jy geestelike pêrels wat die sleutel is tot 'n driedubbele seën, met die gevolg dat jy as mens hier weggaan, vernuwe na liggaam, siel en gees!

Mag ABBA julle hiervoor ryklik seën.

 

9 - 10 Desember 2016

Pretoria. Die verblyf was uit die boonste rak! Baie dankie vir jul gasvryheid en vriendelikheid. Alles is so goed ingerig en netjies. Ek is mal daaroor dat jul plek so mooi by die omgewing laat inpas het, van die sandkleur teëls en vloere tot die pragtige hout blinders en mooi ou en nuwe hout meubelstukke. Die klipmure is pragtig. Ons was mal oor die mooi stoep en kan vandaar die voëls bekyk en geniet. Ons het self 'n steenbokkie en koedoe gewaar! Aandag aan klein detail het ons beïndruk.

Hierdie is 'n juweel tussen die kalkklippe en haakbosse. Dankie ook vir die lekker vars toebroodjies.

 

25 - 29 November 2016

Pretoria. Julle verdien voorwaar julle sterre op jul gastehuis. Julle diens daarenteen verdien 5 sterre.

Ons het baie lekker gerus en jul pragtige plaas, die blyplek en wonderlike gasvryheid was 100% die moeite werd!! Julle etes was heerlik!! Baie dankie. Sien julle weer!

 

23 November 2016

Bloemfontein. Pragtige gastehuis, weelderig ingerig! Sal beslis weer kom!

 

11 November 2016

Grootbrakrivier. Wat 'n aangename verrassing! Netjies, luuks en goed toegerus. Daarby 'n lekker braaiplek vir 'n heerlike aand kuier. Daarby die bonus:- 'n stil, donker nag met 'n hemel vol helder sterre. Baie dankie dat julle dit vir ons moontlik maak om hierin te deel. Ons kon verseker langer bly.

 

Thank you for an amazing weekend. The farm is very peaceful and exactly what we needed. Will be back next year.

14 - 16 October 2016

Wales UK. Comfort in the wild. A. Wonderful tranquil end to three weeks exploring the Northern Cape.

 

7 Oktober 2016

Liewe Koekais Span

Om alles in een woord op te som...

AWESOME!

Baie Dankie vir skoon, netjiese en Luukse verblyf van uitsonderlike gehalte:

Ons sal beslis weer kom kuier

Liefde en Blessings

 

17 September 2016

Just couldn’t go back without visiting again! Spent a lovely day birding & walking. Thank you for everything especially delicious Apple Pie!

 

9-11 September 2016

Dankie! Vir hierdie spesiale plekkie. Alles het ons by vêr oortref - gasvryheid, netheid, styl, warm water, krag, luukshede - dit was 'n groot lekkerte! & bederf! Tot wedersiens!

 

9 - 11 September 2016

Een woord “WOW”. Dis 'n fantasie plek vir rustig wees en die natuur geniet! Jul plekkie is pragtig! Dankie vir krag by 'n spieël vir hare! Dankie ook vir julle gasvryheid. Jul sien ons beslis weer.

 

8 September 2016

Boston KZN. WOW!!! Absolutely fantastic!!! Every detail taken care of. Sadly only one night. A definite stop over for longer another time. Thank you.

 

7 September 2016

Ixopo KZN. What a lovely spot - sorry we only have one night!